Jeanelle Rademeyer

Jeanelle Rademeyer

Hallo julle!! Ek is Jeanelle Rademeyer, al die pad van die mooie Kaap!! :)

Ek is ‘n vriendelike, maar baie skaam mens, maar as ek op my gemak is om jou, sal ek tien teen een jou ore van jou kop af praat! :)

 Ek was nie altyd soooo erg oor afrikaanse musiek soos nou nie, maar GELUKKIG het my oë oopgegaan! Dankie tog daarvoor!!!!

Eks mal oor Johan C Venter, Bobby en Karlien van Jaarsveld, Ricus Nel, Ampie, en en en… maar ek sonder graag vir ADAM en JOE FOSTER uit.. (( die wat my ken, weet al! :) ))

My ma het my geleer as ek iets doen, moet ek dit ordentlik doen of glad nie…so, ek ONDERSTEUN hulle ordentlik!! :) ek probeer my bes om by elke show van hulle in die Kaap te wees! :) Ons ry ook graag 2 ure Langebaan toe NET om hulle te ondersteun!! :) hehe*

Wat liedjieskryf betref, wen Joe Foster (( Die man met die ENGELSTEM en GOUE hart :) )) by verre!!!! Hy skryf die MOOISTE liedjies!!! :) ..ek kan nie wag vir sy CD nie,,en ek weet eks nie die enigste nie!!!!! Hy gaan nog baaaaiiieee suksesvol wees as solo-kunstenaar!!! Eks beslis een van sy GROOTSTE fans – Carla is die ander eene!!! :)

Dankie SA_ARTISTS vir die voorreg om ‘ondersteuner van die week’ te wees!! Julle is awesome!! :)

Volg vir Jeanelle op Twitter by @JeanelleRademe1