Elize Beukes

Elize BeukesGoeie more julle!

Ek het van skooldae af graag gesing en my eerste song wat ek gewen het met ‘n kompetisie in Bloemfontein was “Kinders van die Wind”. Ek het nog altyd voorliefde gehad vir afrikaanse musiek en my gewig probeer insit om te kyk hoe ver ek vir my ‘n sangloopbaan kon bou. Ek het gereeld saam met ATKV gaan optree op klein plekkies.

Ek is ‘n groot aanhanger met Steve Hofmyer en Juantia du Plessis. Die twee sangers is my mentors en ek het groot respek vir hulle. Juanita se eerste song Skarumba het my so aangeraak dat ek my “eie” song daarvan gemaak het. Ek het ook een video op YouTube van Juantia se song van “Altyd Daar”. Ek het die song spesiaal gesing toe my pa 70 geword het. Dit is my grootste trots wat ek altyd sal treasure want dit is die mooiste woorde om te kon opdra aan my pa. Ek het ook haar song van Lepel Lê gesing. Ek het met Juantia se songs van haar ongelooflike “applous” ontvang en is ook gevra of ek enige cd’s al het.

Soos die afrikaanse musiek gevorder het so het my droom groter geword. Ons afrikaanse kunstenaars het so ‘n groot inspirasie in my lewe gemaak dat ek nie genoeg kon kry nie. My droom nog altyd is om een song van my eie te kan hê wat ek kan oordra met hart en siel.

Ek doen graag moeite om die kunstenaars se lewens, optredes en geluk te volg. Ek het soos ‘n klein dogtertjie gevoel toe ek ‘n getekende cd van Steve Hofmyer gekry het by ‘n show wat hy in Potchefstroom gedoen het in 2013. Ek het ook hom spesiaal dankie gesê vir die cd en ook omdat hy my teruggeantwoord het op Twitter. Dit is so belangrik en ek wens so meerkunstenaars wil dit doen.

Ek is ongelooflik lief vir dans. Ek het ook ‘n groot liefde vir motorfietse. Ek is lief vir buitelewe en om die lewe te kan geniet elke minuut en sekonde van elke dag. Vir my is ‘n ouderdom net ‘n bysaak. Dis wat jy van die lewe maak en hoe jy dit opdra aan jou volgelinge en of aan jou kinders.

My song: Ek is lief vir die wêreld, ek is lief vir die wind………..

Volg vir Elize op Twitter by @Elize_Beukes