Serelda Ferreira

Serelda PhotoHallo Julle!

Ek is gebore in die pragtige dorpie Oudtshoorn en was van klein tyd af baie lief vir musiek. My tannie het altyd vir ons Carike Keuzenkamp se kinderliedjies gespeel en so ook my ouma se pappegaai leer praat terwyl ek sing!

My ma het later agtergekom ek is mal oor musiek en vir my my 1ste Walkman gekoop, so het musiek net gegroei by my! Ek dink as hulle musiek moet wegvat sal ek doodgaan want dit is my lewe. Ek luister elke dag van my lewe musiek.

My 1ste cd was Freda Frances se country cd en daarna het my idol Juanita du Plessis verskyn met haar cd *Young Hearts*.

Ek is baie lief vir enige goeie kunstenaar wat kan sing en is bereid om ‘n opkomende kunstenaar ‘n kans te gee op my cd rakkie, maar dit sit nie in enige iemand se broek nie!

So ja, so biekie van myself…

Volg vir Serelda op Twitter by @Sereldaf2010


Parse error: syntax error, unexpected 'new' (T_NEW) in /home/saarti/public_html/wp-content/plugins/autoblogged/simplepie.php on line 720

Warning: Use of undefined constant PEAR_LOG_WARNING - assumed 'PEAR_LOG_WARNING' (this will throw an Error in a future version of PHP) in /home/saarti/public_html/wp-content/plugins/autoblogged/autoblogged.php on line 183

Parse error: syntax error, unexpected 'new' (T_NEW) in /home/saarti/public_html/wp-content/plugins/autoblogged/Log.php on line 168

Fatal error: Exception thrown without a stack frame in Unknown on line 0