Monya van Staden

imageHallo julle!

Ek is Monya… my van was ‘n staatsgeheim (SA-Artists het dit uit my uit gewurg!) ;) , maar meeste noem my sommer Monnie…

Ek is mal oor Afrikaanse musiek, dis al wat ek luister en in my besit het! Ek dink die enigste engelse liedjie wat ek besit, is ADAM se “More than words”, waarmee hulle my ge”serenade” het… nie een keer nie, nie twee keer nie, maar DRIE keer!!! :D

My gunstelinge is Joe Foster, ADAM, Johan C Venter, Dirk van der Westhuizen en Francois van Rensburg. En moenie vergeet dat ek Rikus Nel se nr 1 nuutste ‘fan’ is nie!!

Ek is baie besig op sosiale netwerke! & Kry gereeld houding oordat mense net die bokant van my kop sien….hahaha

Ek maak foto’s bymekaar waar ek bekendes soen, ja, julle het reg gehoor ek SOEN hulle, maar net op die wang (well, gewoonlik)! Ek het al 63 sulke foto’s waarvan die meeste van die manne van ADAM is.

Ek glo vas dat baie meisies nie van my hou nie omdat ek die mooi jong sangers soen, en die ou tannies hou nie van my nie want ek het vir Manie Jackson ook al gesoen!! Hehe

Ek praat vreeslik baie, ek teken verf en sing graag maar wat niemand weet nie, is dat ek eintlik ‘n goue stem het, JA!! hoe gouer ek ophou hoe beter!! ;)

En dit is ‘Monya’ in ‘n nutshell….

Volg vir Monya op Twitter by @Monyavs