Leozelle Bekker

Leozelle Bekker

Ek is Leozelle Bekker, die wat my ken “high five” die wat my nie ken nie, julle mis uit hoor :) Ek is n plattelandse meisie wat Pretoria toe getrek het (CRAZY ek weet) ek is mal die Natuur, Sport, Afrikaanse musiek en my familie en vriende is vir my alles!!

WOW dit is n GROOT voorreg om “Supporter van die week” te wees, maar ek wil dit graag met al die ondersteuners daar buite deel, want ons as ondersteuners is ewe belangrik en spesiaal!! Dankie vir wat julle almal vir Afrikaans beteken (Ons mag dalk n handjie vol wees maar ONS HET DIE MEESTE GEES).

Julle ek kan baie praat so ek gaan dit so kort as moontlik probeer hou, ek kan regtig nie enige kuntenaar uitsonder nie dis net verkeerd, want al ons kunstenaars is so talentvol in hulle eie reg en elkeen verdien n plekke in die son, maar ek moet regtig net een kuntenaar uitsonder (dink meeste van julle weet wie) jammer.

Ek het Karlien van Jaarsveld die eerste keer by KKNK 2006 gesien toe sy nog backup singer vir Bobby was, ek kan onthou dat ek vir my sus gese het (Watch sy gaan nog GROOT naam maak) kyk nou 7 jaar later TROTS!!

Die Van Jaarsvelds (Karlien, Bobby en Tannie Ronel) het so n sagte plek in my hart. Hulle nederigheid, liefde en vriendelikheid straal nie net van buite of nie maar van BINNE (Goeie eienskap). Ek dink ek praat namens al julle ondersteuners daar buite, baie dankie vir jou liefde en vriendelikheid by elke liewe show, ALTYD N VOORREG!!

LAASTE vir ek dankie se aan SA-Artists vir wat julle vir Afrikaans en sy mense beteken!! Bou so voort. HIER KOM NOG GROOT DINGE!!!

Dankie julle ek los julle met die volgende gedagte:

“Before you speak, listen.
Before you write, think.
Before you spend, earn.
Before you criticize, wait.
Before you pray, forgive.
Before you quit, try.”

Groetness

Volg vir Leozelle op Twitter by @Leozelle