June du Toit

June du Toit 2Hi julle!!!!!
So is die naweek verby en ek het nie kans gekry om met jou te gesels nie … hier net ietsie vir julle:
En ek begin by die belangrikste in my lewe …..dit is Jesus Christus …..sonder Hom in my lewe bestaan ek nie!!!!! Dit is per slot v sake HY wat vir ons die musiek gee…..ek glo MUSIEK IS H STUKKIE VANDIE HEMEL WAT ONS REEDS OP AARDE KAN GENIET… en dis hoekom ek dit dan ook my verantwoordelikheid maak om goeie SA Musiek en sy kunstenaars te ondersteun waar ek kan.
My liefde vir SA musiek het defnitief wortel geskiet toe ek en my man vir so plus minus 12 jaar BLES konserte in die WES KAAP (Noordelike voorstede) gereël het. Ons was so so trots elke keer as hy ‘n CD (PLAAT) uitgebring het wat elke keer verkoopsyfer rekords laat spat het!!! Nie lank daarna nie het ons ook betrokke geraak by die bemarking en reëlings van Christo en Cobus en glo ek dis waar dit als begin het. Toe Bles oorlede is in die jaar 2000 het ons besluit dat God nie meer wil hê ons moet ons met die SA Musiekwêreld bemoei nie en het toe vir ‘n paar jaar onttrek ….. maar WEER wys God ons toe dat hy tog sy goedkeuring gee en hy veroorsaak dat my sus se seun Arno Jordaan, eintlik ‘n rugbyspeler, in die musiekwêreld beland!!!! Needless to say …… daar gat ons toe weer!!!! My swaer Paul Jordaan was ook jare lank (en is steeds op kleiner skaal) betrokke by SA Feeste en het ons betrokkenheid net meer toegeneem en die liefde gegroei!!! Dis dan ook op een van die feeste dat ons die manne van Romanz, destyds nog Andre, Adam, Burgerd en Louis, ontmoet het en het ek toe vir die eerste keer ‘n SA kunstenaar FAN in murg en been geword …… vandaar dus my vreeeeeeeeslike ondersteuning steeds vir Romanz (waar Christopher intussen Louis se plek geneem het) en dan natuurlik ook Louis Loock as solo kunstenaar, is.

My formele beroep was vir 21 jaar Menslike Hulpbron Konsultant en Projek koordineerder by Absa en dis ook waarvoor ek formele kwalifikasies het. Ek was so gelukkig dus om my liefde vir musiek te kombineer met een van Absa se doelwitte naamlik Gemeenskapsbetrokkenheid en baie gou kon ek SA Musiek en SA kunstenaars begin nooi om by Corporates, Wynveilings, fondsinsamelings ens op te tree. Alles voormeld het in die Kaap gebeur. Intussen het ek en my man vervroegde aftrede geneem en ons by ons familie Paul en Vera Jordaan kom voeg in Pretoria, en dis van hier waar ek hoop om nog ‘n groter rol te kan speel by die ondersteuning van SA Musiek. Om te kommunikeer is ook een van die uber liefdes in my lewe en voeg ek dit by my liefde vir die rekenaar en alles wat daarby gepaardgaan verduidelik dit dalk hoekom ek so erg bedrywig op Social Media is….

Ek is redelik uitgesproke oor my musiek smaak …. en bevestig dat ligte klassieke musiek my all time favouritesis, en gooi daarmee nie weg lekker ballades en love songs nie …. net so aaaaaaaf en toe ruk ek heeltemaal los en geniet ek mal songs soos Arno Jordaan se nuwe Richerskaal!!!

Ek is ook tans betrokke by die bemarking en verspreiding van Henry Van Dyk se musiek en hoop dat ek ‘n kleeeeeeeeein aandeel sal kan hê in die sukes wat ek “met my hele hart”:-) glo hy deur sy harde werk en vasberadenheid gemeng met sy talent, gaan behaal!!! Ek is ook aktiewe lid van Eurovision in SA – en is dit ook ‘n persoonlike wens dat SA Kunstenaars die Euro liedjies sal ondersoek en gebruik maak daarvan om van hulle musiek ook in die Europese mark gevestig te kry.

Dis nou bietjie meer as ‘n neutedop maar min of meer wie June Du Toit, getroud met Johan Du Toit en ma van drie groot man(seuns), Marcel, Louis en Hanno is!!!

Ek soek net gou ‘n fotokie maar hiermee solank ietsie :-) oor my.

Laat weet maar.

Jammer dat dit so laat is …. dit was ‘n mallerige naweek hoor!!!

Groete

Mooi dag
June

Volg vir June op Twitter by @JuneToit