Elré du Plessis

Elre du PlessisHallo julle!

Ek is Elré du Plessis. Ek’s n gebore Vrystater, maar bly nou al n hele tydjie in die Kaap. Trotse WP/Stormers-ondersteuner! Hehe! Ek is mal oor sport en om tyd saam met my familie en vriende te spandeer! Die kosbaarste oomblikke in my lewe! <3

My grootste passie is MUSIEK!! Meer spesifiek, AFRIKAANS!! Dit is vir my so ongelooflik om te sien hoe afrikaanse musiek oor die jare gegroei het en net beter geraak het!! #Hoendervleis!! Ons het die mees talentvolle kunstenaars in ons land wat verseker vir GEEN internasionale kunstenaar hoef terug te staan nie. Om nie eers te praat van die mooi liedjies en klas vertonings waarmee hulle ons as ondersteuners so bederf nie! Elkeen is verseker suksesvol in hul eie reg!

Een van die kunstenaars wat ek tog moet uitsonder is die “One and Only”, Juanita du Plessis. Sy is inderdaad my rolmodel en elke mens sal saam met my saam stem dat sy ‘n ongelooflike persoon en inspirasie is!

Ek het haar vir die heel eerste keer by KKNK 2003 gesien met haar groot treffer, Ska-rumba!! Het sommer van daai dag af geweet hierdie vrou gaan nog baie suksesvol wees en dis toe nooit anders nie!! Het nou al van daai tyd af ‘n hele paar van haar vertonings gesien en geniet dit elke keer net meer!! Wat ‘n voorreg om haar al vir n dekade te kan ondersteun!

Ek wil graag vir SA-Artists baie dankie se vir die voorreg om ‘Supporter van die week’ te kan wees! Laat mens nogal voel soos n “celeb”! Hehe! Baie dankie ook vir wat julle alles vir ons kunstenaars en ondersteuners doen en dat jul saam met ons daai passie wil uitleef! Mag jul nuwe hoogtes bereik met jul goeie werk!!

Laastens, wat ek graag wil hê elke “awesome supporter” altyd moet onthou is…#HouNootEnGaanGroot!! Sonder JOU ondersteuning is ons kunstenaars niks! Mag ons saam Afrikaans nog hoër vat!!

Volg vir Elré op Twitter by @ElreduPlessis