Carla du Toit

@Carladtoit

Carla du Toit

Ek is Carla Du Toit (Eks nou nie mooi nie,maar my liewe aarde het ek nou vir jou ‘n persoonlikheid! haha :p )
Ek is in Hoërskool Hans Strijdom in Naboomspruit…. daar waar nooit krag of water is nie ;)
Ek versamel handtekeninge van bekendes, en ekt nou al seker meer as 200 shows gekyk!
Afrikaanse pop musiek is my Passie, ek sou SO graag wou sing, as dit nou net nie vir my stem was nie! Ek het nou al so baie gehoor ek het ‘n goue stem, hoe gouer ek ophou, hoe beter!
Nou gaan skree ek maar vir sangers by shows.. hahaha!!
Joe Foster (van ADAM) het vir my die mooiste stem wat iemand ooit sal hê!!! Kan nie wag vir die dag wat hy sy eerste solo liedjie of cd uitbring nie! :D
Dis vir my SO moeilik om te sê wat was my gunsteling Show..Elkeen was great!
Ek is MAL oor, ADAM, Energie, Die Kat Se Snor, Johan C Venter, Dirk van der Westhuizen en Lee Scott! Bobby en Karlien het ook ‘n sagter plekkie in my hart.. En ek kan NOG noem, maar ek dink ek het al klaar TE VEEL oor myself gesê… Vrek, haha! dis so moeilik!
Ek sê altyd my hart is soos ‘n TAXI, daars ALTYD plek vir nog enetjie!!
DANKIE SA_ARTIST dat JULLE Afrikaans ook so mooi ondersteun!
ALLES KLINK MOS NET BETER IN AFRIKAANS!!
Sent via my BlackBerry from Vodacom – let your email find you!

Follow Carla on Twitter @Carladtoit