Die Heuwels Fantasties ft. JR reik splinternuwe musiekvideo!

Die Heuwels Fantasties ft. JR reik splinternuwe musiekvideo!

“Koeëlbaai is ‘n spesiale liedjie vir ons”, vertel Hunter Kennedy.  “Janine Neethling het die klavier meesterlik bespeel en sodoende vir ons die maatstaf verhoog.  Dit is ons almal se gunsteling liedjie op die album.  Dit vat ons manifes vir die album goed saam.  Eenvoud.  Ongerepeteerde emosie.  Organies.  Ons het vir JR gemis en gedink dat die liedjie ‘n kort kletsrym vers nodig het.  Hy is die beste en sy geniale sin vir melodie het die liedjie na verdere hoogtes geneem.  Op die oppervlak gaan die liedjie oor die emenslike neiging om die persoon op wie jy verlief is te wil verander en red.  Koeëlbaai en Alpha Centauri is simbole vir die hoogtes en laagtes in ‘n romantiese verhouding.  Vir my persoonlik is daar wel ander vlakke aan die liedjie en gaan dit oor versoening, oud raak en aanhou, al voel dit asof alles ineenstort”.

Die video is op YouTube beskikbaar HIER

Comments are closed.